Sunday 19 November 2017

Hospice se onthou-liggies!

Op die foto is me. Tanya Claase (bemarker van
Hospice), Kanya Gojo (voorsitter van die VRL,
Katleho Letsaba (VRL-lid) en me. Tanja Schutte
(ontvangsdame by Hospice)
Wanneer 'n mens die einde van 'n jaar bereik, kyk 'n mens terug en dink jy terug aan hulle wat hierdie jaar hulle lewensirkel voltooi het. Hospice het dié wonderlike diens om 'n onthou-liggie te koop vir hulle wat 'n mens graag wil onthou en op hierdie manier samel hulle ook geld in om mense te help wat dit nodig het.

HTS se VRL het drie onthou-liggies gekoop: vir Karel Minnie ('n graad 8-leerder van OD), vir Tshepo Ramotselisi ('n graad 10-leerder van OD) en vir Jana du Plessis (dogter van mnr. Phillip Oberholzer, 'n onderwyser by HTS). Jana se boodskap aan diegene wat agterbly is dat aardetyd genadetyd is wat met groot omsigtigheid hanteer moet word. Laat voetspore na waarin ander kan volg.