Saturday 18 November 2017

Personeelafsluitingsfunksie!

Die jaarlikse personeelafsluitingsfunksie is Vrydagaand by Huis Gratia gehou.
Mnr. Henk van Vuuren was die gevatte seremoniemeester en 'n pilkenner van formaat!
André van Dyk het die pensklavier getokkel, maar hy kon heelwat meer van hom laat hoor het! Onthou volgende jaar!!
Hester het gesorg dat die mae gevul word met spyse uit die boonste rakke!
Daar is afskeid geneem van mnr. Willem Grobbelaar (20 jaar by HTS) en mev. Malinda Anderson (17 jaar by HTS) en mnr. Francois Crauwcamp het die tuig as koshuisvader na 17 jaar neergelê! Julle het baie diep spore getrap!
HTS gaan julle mis!!