Wednesday 10 January 2018

Schalk Jansen besoek die skool...

Mev. Alda Welman, Schalk Jansen en mnr. 
Henk van Vuuren.
Tekkie Tonic se instandhouer is besig met opruimingswerk op 'n baie deurmekaar lessenaar en 'n ewe deurmekaar "inboks".

Schalk Jansen het die skool die 29ste Augustus besoek en het solank kom voorbrand maak vir hulle klas se 25-jarige reünie wat hierdie jaar gehou gaan word. Sprake is dat dit in Welkom gehou gaan word en die groep het reeds 'n facebook-blad oopgemaak.

Hierdie foto is vinnig in die kantoor deur Schalk se vrou geneem en later skool toe gestuur.

Interessant van hierdie 1993-groep, is dat 27 leerders hulle bekwaam het as ingenieurs. Verskeie oudleerders is al oorlede en Henry Holthausen is een van hulle. Henry het ook heelwat van hulle se TT-tekeninge gedoen en hulle só uit die moeilikheid gehou...!

Schalk noem dat vertroue en respek deel was van die pakket wat 'n leerder by HTS gekry het. Hy sien nie meer hierdie eienskappe by vandag se leerders wat die skool verlaat nie.

Hulle was pouses ook besonder bedrywig en deel van hulle aktiwiteite was om resies te jaag - motorfies vs. fiets. Miskien kan Marius Swanepoel en Carl Steyn ons meer inlig. Die prys op die spel was R20,00 en 'n Tekkie-kêps!!