Saturday 21 July 2018

Beste provinsiale koördineerder ...

Op die foto verskyn al die koördineerders van die verskillende provinsies. Tydens die Suid-Afrikaanse SAGE-kampioenskap wat die afgelope vakansie in Bloemfontein gehou is, is Lesala Khetheng van die Vrystaat aangewys as die BESTE!! Hy het die afgelope jaar die hardste gewerk en sy provinsiale kompetisie was op 'n baie hoë standaard.

Lesala sit in die voorste ry, heel regs. Lesala is nie net 'n oud-Tekkie nie, hy is ook deel van die Tekkie-personeel. Baie geluk en sterkte vir die SAGE-wêreldbeker wat oor 18 dae plaasvind. Saam met hom op die komitee sit nog 'n oud-Tekkie - Afrika Mokhosi (Agter - heel regs)