Tuesday 31 July 2018

C2 : P(lig) + P(lesier) = Goeie P(unte)

Harde werk word beloon. En in mev. Alet Harding se klas, is die beloning baie meer as net goeie punte! Soos 'n "celeb" kry jy jou eie "poster" teen die muur, die bekende "Muur van faam". Almal kan sien wie die harde werkers is. Dan is daar ook nog heerlike pryse uit die snoepie vir die manne wie se punte boekdele spreek! 'n Onbevestigde gerug doen die rondte dat daar 'n groot verrassing in die pyplyn is ... Hou Tekkie Tonic dop vir verdere inligting.

Nog foto's van die hardwerkende leerders gaan deur die loop van die week in die koerant geplaas word. 

Droom groot, werk hard en sorg dat jou naam van C2 verskuif na die voorportaal van die skool! Wie van julle graad 9's gaan die Dux-leerder van 2021 wees?