Saturday 16 February 2019

Klaskapteinwees is belangrik ...

Nhlanhla Radebe, gr. 8C
se klaskaptein saam met
mev. Alet Harding, sy
registeronderwyseres.
'n Mens se ingesteldheid teenoor die lewe bepaal of klaskapteinwees vir jou belangrik is of nie. En in vandag se lewe waar almal so blasé oor alles is, is opgewondenheid oor 'n klaskapteinbalkie 'n rariteit.

Nhlanhla Radebe is een van dié gr. 8-klaskapteine wat oor besondere leierseienskappe beskik. Bedagsaamheid, vriendelikheid, hulpvaardigheid, betroubaarheid en trots op sy werk is maar enkele van hierdie leerder se eienskappe. Donderdag se opening in die vierkant, was nie net 'n Valentynsdagopening nie, maar dit was ook die hoogtepunt van sy skoolloopbaan - hy het sy klaskapteinbalkie ontvang.

En in kinderlike opgewondenheid deel hy dit met sy registeronderwyser ...

"Juffrou, ek kon nie gisteraand slaap nie, ek was te opgewonde oor my klaskapteinbalkie wat ek gaan kry."