Friday 15 February 2019

HTS Uitreik: Valentynsdag 2019

Drie van HTS se manne het saam met mev. Karen Herbst welwillendheid bewys aan 'n klein handjievol Welkommers op Valentynsdag. Een dame van 75 jaar sê dat dit die eerste keer in haar lewe is dat sy iets vir Valentynsdag kry. En 'n omie in die hospitaal was so dankbaar dat hierdie jongmense hom met sy selfoon kon help ... 'n relatiewe klein probleempie wat 'n groot Valentynsgeskenk geword het. En so sit hulle 'n onverwagte glimlag op gesigte van mense met Valentynsdag en leer hulle die les van om te gee, voel en is baie beter as om te ontvang. Mosa Mfuphi, Andries Grobbelaar en Mthunzi Manyana is die manne agter die glimlagte.