Friday 7 June 2019

Agostinho Nhancale - Dux-leerder van 2017 presteer steeds!

Agostinho Nhancale, HTS se Dux-leerder van 2017, is steeds besig om op sy stil manier te presteer. Hy het tydens die jaarlikse prysuitdeling by Tukkies 'n meriete toekenning (brons) vir sy akademiese prestasie in elektriese ingenieurswese ontvang. Hy is die derde beste eerstejaar in die departement van elektriese, elektroniese en rekenaaringenieurswese. Dit is finansieel baie voordelig om tyd aan 'n mens se studies te spandeer, want hierdie sertifikaat word saam met 'n klein koevertjie oorhandig. 

Baie baie geluk, Agostinho! Ons hou jou vordering met valkoë dop! Jy is 'n ster!