Friday 16 August 2019

'n Verandering is so goed soos 'n vakansie ...

Mnr. Pieter Swanepoel, besig om "high
fives" uit te deel vir hardwerkende
personeel wat die ekstra-ekstra myl
geloop het.
'n Vroeë oggend opening met skriflesing en gebed is Vrydagoggend in die buitelug gehou - 'n eerste in die skool se geskiedenis. Die personeelkamer is ontruim om skoongemaak te word vir die matriekafskeid. Mnr. Francois Crauwcamp het gevoel dat die matriekafskeid elke jaar net duurder en duurder word en dat matrieks om daardie rede nie die afskeid kan bywoon nie. Hy het 'n kosteberekening gaan doen en besluit dat 'n lae-koste-matriekafskeid moontlik is en met behulp van baie gewillige hande, het dit 'n realiteit geword. Mevv. Hester Bothma en Riana Crauwcamp (die twee kantoortannies) het hulle oortref met die spyskaart. En 'n matrieksafskeid is vir baie minder per persoon aangebied, as wat 'n mens by selfs Spur kan gaan eet! 

'n Eerste, maar beslis nie 'n laaste nie. Tekkie-ouers is nie halfpad bankrot na hierdie matriekafskeid nie! En hulle glimlag van oor tot oor ... (Hulle bankbestuurder ook!!)


Foto's: Aletta Makgitla