Friday 16 August 2019

Ebi se hart sit op die regte plek ...

Ebi Coetzer, 'n graad 11-leerder, doen so stil-stil gemeenskapswerk en maak harte bly so ver soos wat hy sy voetspore los. Vrydag het hy klere en ander noodsaaklikhede by Die Tandemuis/Dogs of War Bikers Klub se gemeenskapsarm gaan afgee. Alida Hiles is die persoon met die "smiles" wat die skenkings in ontvangs geneem het.

Ebi is aangewys as mnr. Welkom 2019. Hierdie titel gee hom 'n platform om van te werk. Sterkte vorentoe met al die mooi werk wat jy doen, Ebi!!