Wednesday 12 February 2020

Elias Samuel ...

Dit is altyd lekker om van oudleerders te hoor. Elias Samuel het so twee weke terug by 'n diplomaplegtigheid in Johannesburg sy diploma in HTD gekry en 20 April gaan hy in Bloemfontein by CUT sy HRM-graad ontvang. Om twee gradeplegtighede in 3 maande by te woon, getuig van baie harde werk.

Elias Samuel was HTS, sowel as Huis Gratia, se hoofseun in 2008. Hy het vir die eerste span rugby gespeel, maar nooit sy skoolwerk afgeskeep nie. Elias was en is nog steeds 'n gebalanseerde harde werker. Volgende jaar lê die MBA-graad vir hom en loer. Gemeenskapswerk was ook hoog op sy prioriteitslysie. Hy het tyd gemaak vir Relay for life, Kansa en 'n groentetuin in Hanipark. Skoolvakansies het hy en Sibusiso Tshabalala hulle tuinmaaktalente in die koshuis se tuin geslyp. 'n Leier wat altyd in stilte gewerk het ... 'n leier wie se dade baie hard gepraat het ... 'n leier wat vandag die vrugte van sy harde werk kan geniet!