Tuesday 3 March 2020

HTS se sonneblom ...

Foto: Vernon Harding
Johan Herbst het 'n ongelooflike opening met die personeel gedeel waar hy die lewe van 'n sonneblom vergelyk met dié van die mens. Hy het nege sonneblomme in sy tuin geplant. Hulle het dieselfde bemesting, water en aandag gekry,  maar die diepte verskil. En dan trek hy hierdie omstandighede deur na ons as mense -  die diepte van ons probleme en uitdagings verskil. Daarom reageer ons net soos die sonneblom ook verskillend.

Soggens vroeg, voor die son opkom, draai die sonneblom reeds sy kop na die son - dit wag as't ware die dag in - so moet ons as mens ook die nuwe dag inwag - met ons koppe gedraai na die Bron van energie - gereed vir dit wat die dag ookal mag oplewer.

As die saad gereed is, hang die sonneblom se kop, sodat die saad op die grond kan val en daar weer nuwe lewe kan voortspruit. So moet ons ook ons saad van kennis, geloof, omgee en naasteliefde in ander plant, sodat dit kan voortspruit.

Hierdie sonneblom het Johan vir Alet Harding gegee - HTS se sonneblom vir 2020 met die wense dat die saad van kennis wat sy die afgelope 36 in ander gesaai het, groot vrug sal dra.