Tuesday 28 July 2020

24 rooi rose op 'n gewaardeerde-kollega se stoel ...

Liewe Christa

Ek lees in Media24 al die berigte oor skole en dan die ongevraagde oningeligte kommentaar daarnaas van onderwysers wat net wil afhê en nie skoolhou nie. Hoe meer ek aan jou onselfsugtige hulp dink, hoe groter behoort die bos rose te wees.

Dankie dat jy vrywillig op die Covid-19-onderwyswa geklim het en dat jy die hordes en hordes matriektoetse en begripstoetse nagesien het.  Omdat "jou" grade nog nie terug is nie, was jy bereid om ure in te sit om 'n bydrae tot die 2020-matriekklas te lewer. Ek waardeer elke rooi merkie, want dit het my die geleentheid gegee om op die letterkunde te konsentreer.

Jy is baie spesiaal.

Alda