Wednesday 27 October 2021

Liewe Tekkie-matrieks

Onthou asseblief dat alles nie verlore is nie. Dit was 'n moeilike twee jaar, maar dit is nooit te laat om alles in die stryd te werp nie. Gryp die geleenthede aan. Maak die beste van jou studiekamp. Jou toekoms word bepaal deur die besluite wat jy vandag neem. 

Baie sterkte. Onthou, die Tekkie-onderwysers staan bankvas agter julle en ondersteun julle 100%. Hulle is elke studieperiode daar en elke ekstraklas. Saam-saam gaan ons die bult uit.