Friday 1 October 2021

Om 'n onderwyser te wees ...

Om 'n onderwyser te wees is om koning te wees sonder kroon of glansgewaad, omdat jou koninkryk in kinders se harte is.
'n Onderwyser vul nie slegs 'n pos nie, maar is deur God geroep om hul lewenskontrak te vervul in die akker van die onderwys.

Jy is vir kinders:

# 'n gids in 'n donker, onseker wêreld.
# 'n hulp in swakwees-oomblikke.
# 'n kameraad in alleenwees
# 'n leermeester wat nuwe kennisvelde oopsluit
# 'n brug na die onbekende

Meneer, mevrou, mejuffrou, jy is prysloos, want ...

* dis jy wat 'n kind se hand vat en hulle begelei
* dis jy wat kruisbeen langs die sportveld sit en kinders ondersteun waar ouers afwesig is.
* dis jy wat saggies agter die stuur van die skoolbussie bid wanneer jy in die truspieëltjie        kyk en die onberekenbare waarde van jou vrag besef.
* dis jy wat troos as knieë en harte flenters is.
* dis jy wat voor die skoolhek wag totdat almal veilig opgelaai is.
* dis jy wat vir die kinders voorbidding doen voor die eksamen.

Dankie, dat jy 'n onderwyser is!

[Dankie, vir hierdie stukkie waardering wat op my tafel beland het.