Sunday 7 November 2021

Wenke wat werk vir wiskunde!

1. Moenie die aand voor die eksamen nog leer nie.
2. Maak seker jou sakrekenaar werk!
3. Jy moet die oggend van die eksamen lekker vroeg opstaan.
4. Moenie stres nie. As jy genoeg geleer het en jy stres, vergeet jy. Maar as jy kalm bly dan onthou jy beter. 
5. Sit, haal diep asem en sê ’n gebedjie op voor jy skryf.
6. Jy moet elke vraag deeglik en versigtig lees.
7. Moenie tyd mors op vrae wat jy nie kan beantwoord nie. 
8. Jy moet lyntjies ooplaat tussen vrae en probeer altyd jou antwoord onderstreep.
9. Jy moet deur jou vraestel lees as jy klaar is om seker te maak jy het nie iets uitgelos nie.