Friday 18 February 2022

High 5: A jack of all trades and master of all ...



Hierdie mense is maar dun gesaai, en as jy so 'n persoon ken, moet jy sy nommer as spoedoproep op jou foon stoor. Hulle hande staan vir niks verkeerd nie en boonop het hulle altyd 'n plan B, C, D, ens. Een van ons personeellede is so 'n man. Sam Minne - as daar nie 'n pad is nie, bou hy 'n pad! Hy is nie 'n man wat verskonings uitdink nie, maar eerder na oplossings soek. As jy nie 'n grassnyer het nie, bou jy sommer vir jou een. Hier staan hy by sy jongste plan C - met al die baie reën, groei die gras baldadig en uitbundig lank - te min grassnyers is op die stadium die groot probleem of moet ek liewer sê ... was die groot probleem ... 

'n GROOT HIGH 5 vir al die projekte, planne en harde werk wat jy in die skool inploeg. Jy is 'n yster!!