Tuesday 21 June 2022

Die hartedief van die skool ...


Iemand wat iets steel, is 'n dief, maar iemand of iets wat harte steel, is 'n hartedief. Die afgelope maand loop daar 'n hartedief op vier bene by die skool rond en as Croukies nie waaksaam gaan wees nie, gaan Rommel hom inruil. Rommel het agtergekom dat hy nie 'n poot voor die ander hoef te sit, as van die dames in die omgewing is nie - hy sit lekker gerieflik op iemand se arm en bekyk die wêreld vanuit die hoogte. 

Op hierdie stadium is Rommel se domein die finansiële kantoor, waar hy 'n wakende oog oor die besoekers kan hou, as hy nie so gereeld indommel nie. 

Ons hier by die redaksie wil nou nie slapende honde wakker maak nie, maar ons het egter hond se gedagtes oor hierdie nuwe toevoeging tot die Crauwcamp-huishouding. Almal ken die uitdrukking: "Kommandeer jou eie honde en blaf self."  Ons vermoed egter Rommel het hierdie uitdrukking sy eie gemaak en dit aangepas ... dalk iets soos: "Kommandeer jou eie mense en gee bevele."