Monday 19 December 2022

Dankie, Elisa, vir 30 jaar ...


Dora, Elisa en Rebecca
Elisa Pelatona was vir 30 jaar aktief by HTS Welkom betrokke. Sy het baie hoogtepunte en ook laagtepunte in die skool belewe. Sy het kinders sien groei, ontwikkel en hulle drome sien najaag. Sy het personeellede sien kom en gaan. Dan was daar ook die kere wat sy 'n roudiens of 'n begrafnisdiens bygewoon het.

Elisa het gedurende mnr. André du Plessis se tyd by die skool begin, sy het daarna mnre. Bruwer du Toit, Gunther Hinrichs en Pieter Swanepoel as skoolhoofde belewe. Sy het later na Huis Gratia oorgeskuif, toe sy daar benodig is. En nou het dit tyd geword om rustiger te lewe. Dit het tyd geword om haar kleinkinders te geniet, 'n groentetuin te begin en ander rond te stuur om vir haar koffie en tee te maak.   

Elisa, dankie vir al jou harde werk, dankie vir die verskil wat jy aan kinders se lewens gemaak het. Mag jy 'n geseënde aftrede geniet. Jy verdien dit.