Thursday 11 May 2023

Jy was daardie iemand ...

Party dae kom mens by die skool aan en jy voel mismoedig, geïrriteerd met die kinders en die medekollegas.

Jy kom werk toe met hartseer en pyn, met geen lus vir die dag nie! Dit het al met ons almal gebeur!

MAAR, dan is daar altyd daai IEMAND.

IEMAND wat 'n simpel grappie vertel.

IEMAND wat 'n mooi boodskap in die oggende in jou gedagtes los.

IEMAND wat jou oorval met positiwiteit.

IEMAND wat altyd lag.

IEMAND wat 'n storie vertel, wat jou probleme klein laat voel.

IEMAND wat jou pyn raaksien en aan jou dink.

IEMAND wat jou laat beter voel.!!

Jy was al daai IEMAND vir 'n kollega!! Dankie, daarvoor.

[Dankie, Estia Greeff]