Sunday 7 May 2023

Terugblik: Skoolreëls uit 1970-jaarblad


[M Mynhardt wat in standerd 10A in 1970 was, het die ideale skoolreëls as volg neergepen.]

1. Loop met lang hare, dit lyk netjieser.

2. Moenie boeke oortrek nie, want anders kry die volgende ouens nie nuwe boeke nie.

3. Dra ringe, anders dink jou meisie jy is kwaad vir haar.

4. Ry met die fiets tot by die fietshokkkie, anders is jy moeg voordat die skool begin het.

5. Moenie die biblioteekboeke ingee nie, want anders het jy niks om te lees nie.

6. Moenie huiswerk doen nie, die onderwysers sal dit die volgende dag doen.

7. Dit is nie nodig om betyds by die skool te wees nie, jy word nie oortyd betaal nie.

8. Sit lekker agteroor, met jou voete op die tafel en rus, want jy loop genoeg tussen die periodes.

9. Dit is nie nodig om die onderwyser te groet nie, hulle groet nie terug nie.

10. Loop met jou hande in jou sakke, want dan kry jou hande warm.

11. Dit is nie nodig om die hele dag by die skool te bly nie, loop wanneer jy moeg word.

12. Loop en rook, want die onderwysers doen dit mos.

13. Moenie skooldrag dra nie, sodat die mense nie kan sien in watter skool jy is nie.

14. Gooi papiere orals rond. [Is daar iets nuuts onder die son??]