Monday 15 January 2024

Aan die 2024-Tekkies en 2024-ouers

2024 lê oop voor elkeen ... soos 'n splinternuwe boek wat wag op die jaar se hoogtepunte, laagtepunte, storms en reënboë. 

Hoe kan jy vanjaar jou skooljaar aanpak? Hoe kan jy seker wees dat jy sukses sal behaal? 

Wees altyd die beste JY wat jy kan wees, nie net vanjaar nie, maar elke jaar, nie net in akademie nie, maar op alle terreine. As jy in die wiskunde klas sit, wees die beste wiskunde leerder wat JY kan wees. As jy op die sportveld is, wees die beste sportman wat JY kan wees. Respekteer alle mense, jouself, jou skoolhoof, jou onderwysers en jou klasmaats. Mense sal jóú daarvoor respekteer. 

Wat is respek? Om almal goed te behandel, nie net diegene wat jy wil beïndruk nie.

Ouers ondersteun jou kind. Respekteer jou kind. Dit lei tot wedersydse respek. Kommunikeer gereeld met jou kind. Moedig hom aan om die beste leerder te wees. Moet asseblief nie negatief van onderwysers of die skool praat nie, veral nie voor jou kind nie. Dit beïnvloed die leerder negatief en net hy gaan daaronder ly. Indien daar iets is wat pla, maak gerus 'n afspraak by die skool. Ons kan dan saam na 'n oplossing soek. Met wedersydse respek en vertroue kan berge versit word in jou kind se akademie, sport en kultuur. Indien leerders by die huis die negatiewe op- en aanmerkings oor die onderwysers en skool hoor, kan dit die respek afbreek en negatiewe houdings lewer nie positiewe resultate nie.

Sterkte vir 2024. Mag ons saam die suksespad loop tot voordeel van die leerder ... jou kind!