Sunday 21 January 2024

Molly Green: Indigo-kinders

"Ek maak kennis met 'n pragtige jong man. Sy liefde vir jong mense, eintlik kinders is amper ongelooflik. Hoewel hy self nog eintlik 'n jeugdige is, is hy meer volwasse as mense baie ouer as hy. 

Sy empatie is byna ongelooflik. Sy glimlag en sy oë straal liefde uit. Dis iemand wat 'n mens kan vertrou. Iemand op wie jy kan staatmaak. 

Vandag se lewe het méér sulke mense nodig. Mense wat 'n verskil kan maak. Indigo-kinders.

[Uittreksel: Forum - Kaleidoskoop: Sit 'n wag voor jou mond 2008]