Friday 19 January 2024

Belangrike skoolstatistiek


Skool mag dalk vervelig voel maar het jy al gedink hoe ongelooflik baie jy in 12 jaar doen? 

Hier is 'n paar berekeninge wat jy interessant sal vind:
Van graad 1 tot matriek gaan jy ongeveer 2 440 dae skool toe, dit is sowat 14 640 uur. 
Jy het ongeveer 2 440 uur pouse.
Jy het 'n gemiddeld van 17 dae saalbyeenkomste en sing die skoollied ongeveer 150 keer.
Jy doen 'n halwe jaar lank huiswerk (dis as jy jou huiswerk elke dag doen.)
Jy praat ongeveer 48 keer mondeling.
Jy loop ongeveer 650 km as y klasse wissel.
Indien jy elke dag van jou hoërskoolloopbaan 'n blikkie gaskoeldrank drink, het jy teen graad 12 al 2000 liter gaskoeldrank (slegs by die skool) gedrink.
Indien jy meer van water hou en jy drink elke dag 8 glase water (soos daar van jou verwag word), het jy teen die einde van matriek 11 500 liter water gedrink.
Jy hoor die skoolklok meer as 21 960 keer lui.
As jy elke dag van jou lewe iets by die snoepie koop, het jy teen matriek die snoepie met 'n bietjie meer as R32 000 ryker gemaak.

Twaalf jaar klink lank, maar vra maar vir enige matriek, dit vlieg behoorlik. Geniet elke dag en sing jou skoollied uit volle bors al is dit die 150ste keer. Moenie skool bank nie, want eendag gaan jy terugverlang.

Viva skool! Maak die beste daarvan.  

[Dankie vir die leerder wat hierdie interessante statistiek met ons deel. Elkeen van julle se feite gaan verskil. Met al die ekstra klasse en vakansieklasse en -kampe wat daar deesdae is, gaan julle baie meer as net 14 640 uur skool. Doen 'n bietjie somme en stuur gerus jou statistiek vir Tekkie Tonic.]