Monday 3 June 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Onderwyser: "Hoekom is jy so laat?" 
Jenny: "Jammer, Juffrou, ek het verslaap."
Onderwyser: "Wil jy vir my sê jy slaap by die huis ook?"

***

Onderwyser: "Jou gedig is onaanvaarbaar! Vol taalfoute en vloekwoorde - in swak smaak! Ek het vir jou pa 'n briefie geskryf hieroor wat jy vir hom moet gee om te lees en te teken."
James: "Ek dink nie dit gaan help nie, Juffrou. Hy het dit geskryf." 

***

Taalonderwyser: "Jan, luister nou mooi na die volgende sin: Die pa seën sy agt kinders. Is dit in die lydende vorm of in die bedrywende vorm gestel?"
Jan: "Bedrywende vorm, Meneer."
Taalonderwyser: "Goed, en wat sou dan die lydende vorm wees?"  
Jan: "Die pa is met agt kinders geseën."