Monday 17 June 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Jannie gee sy laatkombriefie vir sy onderwyser: "Juffrou, dis sommer ook die taak wat ek vandag moet ingee vir die kreatiewe skryfopdrag."

***

Juffrou vir haar klas: "Geen huiswerk vir die eerste een wat my kan wys hoe werk my nuwe selfoon."

***

Sandra vir haar ma: "Die juffrou sê ek gee nie genoeg aandag in die klas nie. Of ... ek dink dis wat sy gesê het."