Tuesday, 25 February 2025

Gideon Bibles South Africa - A Special Visit


Today, we welcomed the Gideon Ambassadors to our school to visit our Grade 8 learners. This morning, they once again shared the incredible impact they make by distributing Gideon Bibles in schools.

As part of their visit, they generously provided our learners woth Bibles, ensuring that each student could receive God’s Word.

Spreading God’s Word through Bible distribution can lead people to faith in Christ. New believers grow by studying Scripture and can even use it to share their newfound faith with others.

We are grateful for their visit and for their work in making God’s Word accessible to so many.

Click HERE for more information!

Monday, 24 February 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* "Sarel, wat gaan jy word as jy eendag groot is?" vra die LO-juffrou.
"'n Ruimtereisiger, Juffrou," antwoord Sarel.
"Dis mooi om soveel drome te hê, Sarel," sê die juffrou. "Hoekom het jy dit besluit?"
"My pa het gesê daar is niks op aarde waarvoor ek goed is nie."

* Onnie: "Kosie, wat maak 'n handlanger?"
Kosie wat glad nie sy aandag by die les bepaal het nie: "Die vingers, Meneer."

* "Pa," vra Jannie, "kan 'n mens gestraf word vir iets wat jy nie gedoen het nie?"
"Natuurlik nie, " antwoord sy pa.
"Dankie tog," sê Jannie, "want ek het nie my huiswerk gedoen nie."

Friday, 21 February 2025

Bursaries 2025: Shoprite Group Bursaries 2025


Shoprite Group invites South African students to apply for Bursary Programme for 2025 academic year.

Bursary Application closing date: 30 April 2025

The Shoprite bursary is a stepping stone into our company and guarantees you a career with the group upon the successful completion of your course.

Click HERE for all the information.

Stepping up to lead the way


The newly elected representative council of learners (RCL) members of the Welkom Technical High School (THS) are from the left Tshiriletso Porota (public relations officer), Junior Mafantiri (secretary), Raphael Takadimane (chairperson), Mr Eugene Rodgers (headmaster), Mr Ishaaq Dajee (teacher liaison officer), Paul Morokgweng (deputy chairperson), Tshidiso Moshodi (deputy secretary) and Lemohang Diphoko (treasurer). Photo: Elizma Loggenberg

Follow the OPEN link to read the FREE article on News 24.

Thursday, 20 February 2025

Outstanding achievement

We are thrilled to announce that Neo Binda has broken not one but TWO records at the Lejweleputswa Athletics event in Kroonstad on 14th February 2025!

Neo set a new record in the 100m with an incredible time of 10:37 and in the 200m with an impressive 21:28 – both for the Boys Under 19 category! 

This outstanding achievement is a testament to his dedication, hard work, and talent. We couldn't be more proud of you, Neo! Keep pushing boundaries and inspiring us all.

Wednesday, 19 February 2025

Tekkie-atlete


 Die atletiekspan wat HTS Woensdag in Bloemfontein verteenwoordig.

Monday, 17 February 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* "Petrie, wat is daardie groot knop op jou kop?" vra die onderwyser.
"Dis waar my pa my met die somme gehelp het, Meneer," antwoord Jannie.

* "Don, jy kan nie in my klas sit en slaap nie!" raas die juffrou.
Don: "As Juffrou ophou raas, kan ek dalk."

* Onderwyser: "Ek is trots op jou, Kosie. Hoe is dit moontlik dat jy vandag al jou somme wat jy vir huiswerk gekry het, reggekry het?"
Kosie: "My pa is met vakansie, Meneer."

Friday, 14 February 2025

Tuesday, 11 February 2025

Congratulations to Brandon Kelly and Siyabonga Gina


We want to congratulate the following two learners, Brandon Kelly and Siyabonga Gina for their incredible achievement of making it into the 2025 SA National Team and for being nominated for the 2024 RCFA Art Awards!

We are extremely proud of you!

Why you should consider going to a TVET college


TVET stands for Technical and Vocational Education and Training. TVET colleges are institutions that offer courses to prepare students for careers in skilled trades.

What do TVET colleges offer?
* Practical skills
TVET colleges provide students with the skills and knowledge they need to work in a specific trade or occupation.
* Apprenticeships
Some TVET colleges offer apprenticeship programs in trades like electrical, welding, and automotive body repair.
* Career pathways
TVET colleges can prepare students for employment, entrepreneurship, or higher education.
Who can attend TVET colleges?
* TVET colleges accept students who have passed Grade 9, 10, 11, or 12.
* Some students may qualify to transfer to a University of Technology to continue their studies.
Where are TVET colleges located?
* TVET colleges are part of the Department of Higher Education and Training in South Africa.
* There are many TVET colleges across the country.

Does NSFAS fund TVET colleges?
The National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) is a public entity reporting to the Department of Higher Education and Training. NSFAS provides financial assistance in the form of a study bursary to qualifying students who wish to study or are already studying at TVET colleges and public universities.

Can you go to University after TVET college?
Under certain conditions, some students may qualify for admission to a University of Technology to continue their studies at a higher level in the same field of study as they were studying at the TVET College.
Click  HERE  for more information.

Monday, 10 February 2025

Happy birthday to our headmaster


Happy birthday to our incredibly headmaster, Mr. Rodgers. Thank you for all that you do for the learners, parents and staff.

Friday, 7 February 2025

Flashback Friday: 1963 Chris se storie


Op 21 Junie 2012 het ek 'n selfoonoproep ontvang met die volgende strekking: "Meneer, ek weet nie of meneer my nog sal onthou nie, ek was in 1965 by Meneer in matriek by die HTS Welkom. My naam is Chris en ek moet Meneer weer sien. Is Meneer 26 Junie tuis en kan ek daar aankom?"

Ons reël toe 'n tyd en gee hom my adres. So kom hy toe hier aan, vergesel van sy vrou en 'n besoeker uit Duitsland. Hy sê toe dat hy my selfoonnommer by 'n medematrikulant, met wie ek nog kontak het, gekry het.

Hier volg Chris se storie:
"Ek weet nie of Meneer dit sal kan onthou nie, maar in 1963, toe ek in st. 8 (gr. 10) was, so teen begin September, het ek vir die eerste keer 'n wiskunde toets gedruip. Meneer het so voor my bank gestaan, die rottang onder my ken gedruk, my opgelig en gesê dat ek my talente deur my agterwêreld trek. Ek het geantwoord dat ek wel geleer het, waarop meneer gesê het dat ek dan verkeerd leer en dat Meneer my sal leer hoe om te leer, wat Meneer toe gedoen het. Ook het Meneer my 'n oefenprogram gegee om fiks te word. Op daardie stadium het ek in die O/15D-span rugby gespeel. Ek het dit wat Meneer my geleer het, toegepas en ook begin oefen. Ek het wiskunde tot en met matriek met onderskeiding geslaag en het ook vir twee jaar na mekaar die myl op die atletiekbyeenkoms gewen en agsteman vir die eerstespan, wat Meneer afgerig het, gespeel. Ek het elke dag voor skool met 'n meisie wat in die Handelskool was, op die oorbrug tussen die twee skole gesels. Meneer het altyd van die "meisie op die brug" gepraat en gesê dat sy nog gaan maak dat ek laat is vir skool en dan in die moeilikheid sou wees. In my st. 9-jaar (gr. 11) het meneer my ouers na die skool toe laat kom en hulle gevra wat die ommekeer in my lewe teweeg gebring het, waarop my ma geantwoord het: "Jy, meneer Du Plessis."

Na matriek is ek Carltonville toe waar ek 'n vakleerling geword het, maar Meneer se woorde dat ek nie my talente moet deurtrek nie, het my laat verder studeer en het ek 'n meganiese ingenieur geword en is terug na die myngroep. Intussen het ek getrou met die "meisie van die brug". Ons het twee seuns en 'n dogter ryker geword en ek het vir die "meisie van die brug" gesê dat ek moet Meneer Cor opsoek. Die oudste seun het ook 'n ingenieur geword en is toe deur 'n taxi doodgery.
Dit was 'n harde slag vir ons en ons het toe 'n dogtertjie aangeneem. Veertien dae nadat ek my mediese ondersoek met vlieënde vaandels geslaag het, het ek soos 'n os neergeslaan en het 'n vyfvoudige hartomleiding ondergaan. Toe ek tuiskom, het ek vir die "meisie op die brug" gesê ek moet by meneer Cor uitkom. Toe ek tuiskom, het ek ook weer verder studeer en 'n elektrotegniese ingenieurskwalifikasie verwerf. Ek het gevorder tot resident-ingenieur vir die myngroep in Wes-Transvaal. Ek het verskeie jongmense, my eie kinders ingesluit, die lewensles wat Meneer my gegee het, gegee. Verskeie het my later kom bedank.

Ons tweede seun het sy studies om 'n CA te word, voltooi en sou net met sy klerkskap begin, toe 'n taxi aan die verkeerde kant van die pad, in 'n 60km/h-sone om 'n draai teen hom bots, sy kar goed 50m terugstoot en ook hy is aan 'n breinbesering oorlede. Ek het weereens vir die "meisie op die brug" gesê dat ek by meneer Cor moet uitkom.

Ek het intussen afgetree en ontwerp toe 'n patent vir gebruik in die myne, wat ek bemark vir baie miljoene en ek verkoop ook toe die patenteregte en belê in 'n wildsplaas net buite Potchefstroom. Hier het ek een Sondag na kerk, neergeslaan, en die "meisie op die brug" het die nooddienste se helikopter laat kom en is ek afgevoer na Pretoria. Hier word ek toe meegedeel dat die kardioloog wat my tevore geopereeer het, self in die saal langsaan lê en 'n jong dokter vra toestemming om voort te gaan. Na 'n uur en 'n half hoor ek dat hy vir die suster sê dat hy net nie die aar oopkry nie en sal moet ophou. Ek onthou dat ek gesê het: 'Here, help!' Die volgende oomblik sê die suster dat hulle nog dit moet probeer en daar werk dit toe.

Weer het ek vir die "meisie op die brug" gesê dat ek by meneer Cor moet uitkom. En hier is ek nou. Ons wil vir Meneer baie, baie dankie sê dat Meneer my talente raakgesien het en ontsluit het. Ek gee graag vir Meneer namens ons gesin hierdie woorde van dank vir wat Meneer vir my beteken het en nog steeds beteken."

Mnr. Cor: "Nodeloos om te sê dat dit vir my en Susan 'n baie emosionele oomblik was dat 'n leerling na 49 jaar die moeite doen om my te kom bedank vir wat ek vir hom beteken het, om hom op die regte pad te plaas.
Cor du Plessis

Mnr. Cor du Plessis het die volgende gebed vir hulle gestuur:

My gebed
(Vir Chris en Bettie, die "meisie op die brug")

Ons Vader in die hemel. Dit is met dankbaarheid dat ek U troon van genade nader om aan U die dank en aanbidding te bring wat U toekom.

Dankie o Heer, dat u my 49 jaar gelede gebruik het om 'n boompie by die lewende waterstroom te plant en vir 'n paar jaar te voed. Dankie dat u hierdie boompie laat groei het tot 'n pragtige boom, geanker met sy penwortel, die "meisie op die brug." U het hierdie boom laat vrugte dra en sy skaduwee was 'n rusplek vir vir sy klein boompies. Sy vrugte het vir baie ander ook van voedsel voorsien. Dankie, o Heer, dat toe die weerlig sy eerste groot tak afgeslaan het, U die wond verseël het, sodat die boom en sy penwortel nie verrot het nie. So ook het U toe die wind sy kroon geknak het, U hand oor hom gehou en weer reguit laat groei. Toe daar weereens 'n storm oor hom gekom het en die volgende groot tak afgeruk is, het U weer in U groot genade die wond genees en nie toegelaat dat die boom verrot nie. Dankie ook Heer vir die twee takkies, een geënt op die boom, wat nou die vrugte en veiligheid kan geniet. Maar o Heer, die boom was weer beproef en op sy noodkreet: "Here, help," het U ingegryp en weer lewe gegee, sodat dit vandag nog 'n sieraad is.

Ek bid U o Vader, as dit U wil is, spaar hierdie boom vir sy penwortel en twee takkies en laat sy vrugte en skaduwee nog vir baie jare 'n veilige vesting vir almal wat met hom in aanraking kom, wees. Dit vra ek in die naam van Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker.
Amen

[Oorgeneem uit Kerkblad Jeffereysbaai]

Dankie, Deon Fourie, wat dit met ons gedeel het. 

Wednesday, 5 February 2025

Wêreld-hardopleesdag

Wêreld-hardopleesdag word vandag wêreldwyd gevier. Lees lê die grondslag van alle leer. Leer word makliker as jy goed kan lees. Navorsing het bewys dat lees ook die geheuefunksie verbeter.

Tekkies het vandag aan die Wêreld-hardopleesdag deelgeneem! Klik HIER vir die video. 

Tuesday, 4 February 2025

Is jou matriekuitslae 'n teleurstelling?

Die matrieks van 2024 is dankbaar dat hulle die einde van hulle 12 jaar bereik het, maar die uitslae in jou hand stem egter nie ooreen met die drome en vergesigte in jou kop nie. Gelukkig is dit nie die einde van die wêreld nie, daar is hoop.

Moontlike opsies:
* Laat hermerk jou vraestelle.
* Skryf sekere vakke oor tydens die November 2025-eindeksamen om jou punte te verbeter.
* Daar is ook 'n Mei/Junie NSC-eksamen (**The Second Chance Programme): Sluitingsdatum vir registrasie is 7 Februarie 2025.
* Doen die hele jaar oor.
* Aanlynskool kan ook 'n oplossing bied. 

Hierdie opsies kan jou hele toekoms verander. Gryp die geleenthede met albei hande aan. Sterkte!!  

** Second Chance Programme: Giving you another chance at success!
The aim of the Second Chance Matric Programme is to provide support to learners who have not been able to meet the requirements of the National Senior Certificate (NSC) or the extended Senior Certificate (SC), thereby meeting the goals of the NDP and the sector thus increasing learner retention.

Click  HERE  for all the information and  HERE. 
“Whatever the mind of man can conceive and believe, it can achieve.” Napoleon Hill

Monday, 3 February 2025

Kom loer gerus by Tekkies se FB in

Klik HIER vir nuus op die Tekkiewerf !

Dankie Tekkie Tonic e-lesers vir julle besoeke!

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Onderwyseres: "Juan, as ek vir jou die helfte van 'n kwart van hierdie lemoen gee, hoeveel sal jy hê?"
Juan: "Juffrou, dit sal so min wees dat Juffrou dit maar kan hou."

* Wetenskaponderwyser: "Sê nou ek gooi hierdie R100-noot in hierdie vloeistof. Dink julle dit sal oplos?"
Kosie: "Nee, Meneer."
Onderwyser: "Mooi Kosie, en hoe weet jy dit?"
Kosie: "Meneer, sal nooit 'n R100-noot in 'n vloeistof gooi wat dit sal laat oplos nie."

* Onnie: "Jannie, wat is 'n heldedaad?"
Jannie: "Om elke dag met 'n glimlag skool toe te kom."

Sunday, 2 February 2025

Poem: The Fly

  The fly felt terrible as it flew around 
trapped in the car, Johannesburg bound.
  It hated the movement, the rolling on,
   sick to its stomach, it travelled on.
Stumbling, it flew from the back, to the front,
  to the side window, and into the trunk.
"Let me out, let me out, let me out!" it cried,
    holding its stomach, in surprise.
The car finally stopped. Its doors openend wide.
    Out flew the fly, with a huge sigh!
    "Never again will I venture inside,
 a moving vehicle that sways side to side."  

- Merril Wilson -

[Credits: Prince Albert Friend, Issue 318, September 2024, p. 12]