* "Petrie, wat is daardie groot knop op jou kop?" vra die onderwyser.
"Dis waar my pa my met die somme gehelp het, Meneer," antwoord Jannie.
* "Don, jy kan nie in my klas sit en slaap nie!" raas die juffrou.
Don: "As Juffrou ophou raas, kan ek dalk."
* Onderwyser: "Ek is trots op jou, Kosie. Hoe is dit moontlik dat jy vandag al jou somme wat jy vir huiswerk gekry het, reggekry het?"
Kosie: "My pa is met vakansie, Meneer."