* Onderwyseres: "Juan, as ek vir jou die helfte van 'n kwart van hierdie lemoen gee, hoeveel sal jy hê?"
Juan: "Juffrou, dit sal so min wees dat Juffrou dit maar kan hou."
* Wetenskaponderwyser: "Sê nou ek gooi hierdie R100-noot in hierdie vloeistof. Dink julle dit sal oplos?"
Kosie: "Nee, Meneer."
Onderwyser: "Mooi Kosie, en hoe weet jy dit?"
Kosie: "Meneer, sal nooit 'n R100-noot in 'n vloeistof gooi wat dit sal laat oplos nie."
* Onnie: "Jannie, wat is 'n heldedaad?"
Jannie: "Om elke dag met 'n glimlag skool toe te kom."