Monday, 24 February 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* "Sarel, wat gaan jy word as jy eendag groot is?" vra die LO-juffrou.
"'n Ruimtereisiger, Juffrou," antwoord Sarel.
"Dis mooi om soveel drome te hê, Sarel," sê die juffrou. "Hoekom het jy dit besluit?"
"My pa het gesê daar is niks op aarde waarvoor ek goed is nie."

* Onnie: "Kosie, wat maak 'n handlanger?"
Kosie wat glad nie sy aandag by die les bepaal het nie: "Die vingers, Meneer."

* "Pa," vra Jannie, "kan 'n mens gestraf word vir iets wat jy nie gedoen het nie?"
"Natuurlik nie, " antwoord sy pa.
"Dankie tog," sê Jannie, "want ek het nie my huiswerk gedoen nie."