Monday, 29 September 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Leerder aan haarkapper: "Wat kos 'n haarsny?"
"R120,00"
"En om my te skeer?"
Die haarkapper kyk na die seun se stoppeltjies en besluit dis regtig nie eens die moeite werd om R10,00 te vra nie, maar vir sy tyd sal hy die prys so bietjie lig." 
Haarkapper: "R25,00"
Leerder: "Skeer dan my kop, asseblief!!"

* Sarkastiese suinige klant in bekende restaurant: "Kelner! Ek kan nie al die vlieë hier binne verdra nie!"
Kelner onverstoord: "Seker, Meneer! Sê net vir my watter vlieë jy nie van hou nie en ek sal hulle verwyder."

* Besige Will se pa word uit die die hospitaal ontslaan.
Ma: "Will, jy moet nou soet wees en baie stil. Die dokter het jou pa se blindederm verwyder en hy het baie pyn."
Will: "Het pa dit ook op huurkoop gekoop?"

* Drie Goudvelders besluit om hulle vakansie sinvol te gebruik en skryf in vir 'n diepseeduikkursus in Durban. Opgewonde maak hulle gereed vir hul eerste sprong. Een van die ouens vra toe: "Wat moet ons doen om die eksamen te slaag?"
Die instrukteur se antwoord: "Kom terug."