Monday, 22 September 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Student: "Prof, hoe lank kan 'n mens sonder 'n brein loop?"
Prof.: "Ek weet nie. Hoe oud is jy?"

* Koshuismoeder aan student: "Hoekom eet jy nie jou sop nie?"
Senior student: "My tande is te stomp!"

* Daar word vertel dat 'n sekere professor gedurende die tagtigs aan sy klas meegedeel het dat dit 'n feit is dat voëls net tot twee kan tel.
'n Student, wat 'n goeie indruk op die professor wil maak en begerig is om die punt verder toe te lig, roep uit: "Ja, Professor, ek weet vir 'n feit dat bobbejane nie verder as drie kan tel nie!"
Die erns van die lesing is verbreek deur 'n klas wat uitbundig lag, en die prof. besluit om die klas se aandag terug na die lesing te skok.  
Prof: "Ek wil u vra om nie u stamboom by u studies te betrek nie."