Monday, 2 February 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:

* Gee die oorsake van die Koue Oorlog. 
Antwoorde: Die son het nooit geskyn nie; die mense het warmte gesoek; die mense het so te sê verkluim.

* In watter geveg het Hannibal gesterf? 
Antwoord: Sy laaste geveg.

* Wat is die hoofrede vir mislukking? 
Antwoord: Eksamens

* 'n Bees is 'n herbivoor.
'n Leeu is 'n karnivoor.
'n Dinosourus is 'n ...
Antwoord: kom nie meer voor.