Ek soek na die regte woorde
om te beskryf wat Ma vir my
beteken ...
Ek dink aan:
warmte,
verstaan,
glimlag,
koel hande,
die reuk van warm brood,
geduld,
humor,
en
liefde,
liefde,
liefde.
Maar niks sê naastenby
genoeg nie.
Dus sê ek net:
Ma - ek's lief vir jou!