![]() |
| Henry en Henk |
Henk van Vuuren (1983-2024) is deel van die komitee wat die konferensie gereël het en Henry Welman (1986-2000) was een van die aanbieders vir tegniese wetenskappe. 'n Leersame en uiters belangrike konferensie vir enige onderwyser in tegniese onderwys. 280 mense het gebaat hierby en stap Maandag in hul klasse - gelaai met kennis, hoop en energie, want hulle kan na die toekoms kyk deur die lense van 'n ander bril.
![]() |
| Anthony Noble |
2026 se konferensie het vir elkeen wat daar was, 'n handvol gereedskap gegee om die jaar op 'n hoë noot af te sluit, maar ook genoeg boumateriaal om 2027 vars en nuut te begin.
![]() |
| HTS Witbank |
Dankie, Wimpie Lodewyk, wat saam met sy span, belangrike en noodsaaklike borge wat glo in die jeug en in tegnologie, toekomsonderwys in 'n pakket saamgevoeg het.
Planne vir 2027 se NAST-konferensie is reeds op die tafel - moenie volgende jaar hierdie waardevolle geleentheid deur jou vingers laat glip nie.
[NAST - National Association for Schools of Technology]
Foto's: Alda Welman (1984-2022 by HTS)


