Sunday 12 August 2018

Vrystaat Konvensie te Potchefstroom ...

"Partymaal offer jy 'n naweek agter jou boeke op, terwyl jou maats en klasmaats besig is met minder uitputtende aktiwiteite. Sommige maak selfs neerhalende opmerkings as hulle hoor dat jy die naweek met jou boeke as enigste geselskap deurgebring het en dan tydens die olimpiade is die werk voor jou skielik bekend.

En as die vyf van ons by die eksamenlokaal by Gimnasium Hoërskool uitstap, dan voel die vraestel vir my soos 'pap en melk'  Ek kon nie wag vir die uitslae om bekend gemaak te word nie. Verlede jaar was vir my 'n groot verrassing, maar hierdie jaar het ek daarvoor gewerk!"

Esenam Best Tsewu, gr. 12B