Thursday 4 October 2018

Esenam Best Tsewu besig met breinoefeninge ...

Een van die matrieks, uitgeput na 'n langgg dag by die skool, tydens die Lenteskool. Maar hierdie dag is nog nie verby, voordat daar nie 'n dik stuk studie ingesit is nie.

Breinoefeninge is seker een van die moeilikste oefeninge - dit vra aanhoudende en voortdurende studie en dan kan die sukses van die oefeninge eers gesien word na 'n eksamen as jou rapport vir jou uitgedeel word. Dan is daar nie 'n tweede kans nie. Die volgende eksamen is dus 'n maak-of-breek-eksamen. Dit voel nogal aardig om 24/7 by die skool te wees -  hoop net my brein is so op en wakker tydens die eindeksamen ...