Saturday 20 October 2018

Matrikulant van 2014 woon prysuitdeling by ...

Farhaan Bhamjee, 'n matrikulant van 2014, het HTS se prysuitdelingsfunksie van 2018 bygewoon om te sien hoe het vanjaar se matrieks gevaar. Hulle was in graad 8 toe hy in graad 12 op die matriekraad was. Farhaan is 'n Tekkie in murg en been, wat nog steeds die belange van sy Alma Mater op die hart dra. Dankie vir dié besoek - dit is 'n eerste keer dat iemand van 'n ander dorp ry, net om te sien hoe gaan dit met sy ou skool se uitslae. 'n Spesiale woord van gelukwensing van Farhaan aan die top 3 leerders van graad 12: "Julle het reeds in graad 8 julle merk gemaak. Sterkte vir die eindeksamen - ek sien uit na die uitslae op 3 Januarie 2019" 
Ruan Bekker, Kanya Gojo, Farhaan Bhamjee, 
Katleho Letsaba, Esenam Best Tsewu en
Renier de Lange,