Saturday 18 August 2018

En toe wen Best die weddenskap ...

Best het die uitdaging wat sommer as 'n grap gedurende die Vrydagmiddag-ekstraklas begin het, aanvaar. Mev. Alda Welman het R500,00 op die tafel gesit vir elkeen wat onder die top 50 graad 12-leerders in die Vrystaat eindig. Hierdie toppresteerders gaan na die Konvensie wat vanjaar by die Noordwes-Universiteit aangebied word. Na amper 4 weke wat vir almal soos 4 maande gevoel het, is die name bekend gemaak. Almal het al hulle R500,00 "gebruik", van die matriekafskeid tot by registrasiegeld... en daar loop Best met die prys weg. Baie geluk, Best ... jy is die beste!!