Tuesday 2 October 2018

Wetenskapspore in die lug ...

Tekkie Tonic se fotograaf loop so 'n bietjie op die terrein rond en loer ook by oop klaskamers in. Me. Sauer se wetenskapklas praat ... Leerders moet net gewillig wees om al hul sintuie te gebruik. Baie innoverend is al die inligting wat so van die dak afhang. Ongelukkig het die fotograaf nie 'n wyehoeklens om reg aan die plakkate te laat geskiet nie.

Me. Sauer is aktief betrokke by die natuurwetenskappe: sy is die distrik se PLC-groepleier, sy help met die olimpiades en is o.a. ook 'n beoordelaar by die jaarlikse ekspo vir jong wetenskaplikes.

Sterkte met alles, dis nie aldag maklik om wetenskap te onderrig aan nie-wetenskaplikes nie ...