Wednesday 29 August 2018

Lig aan die einde van die tonnel ...

Die graad 8E-klas is ywerig aan die werk en luister aandagtig na me. L Sauer as sy vir hulle vertel van die breking van lig in die natuurwetenskapklas. Daarna het hulle prakties gedoen en duidelik het daar vir hulle lig opgegaan.

Hierdie deel van die werk is nie ligtelik opgeneem nie en 'n toets hieroor, sal bepaal wie te lig bevind gaan word ...

Ons lig 'n glasie op kennis! Sterkte 8E- ons hou julle punte met 'n valkoog dop!!