Saturday 19 October 2019

Die geheime taal van blomme ...

Op HTS se personeel is daar iemand wat die geheime taal van blomme verstaan, asook die simboliek daarvan en dan daarop reageer.

Min mense weet dat blomme met haar praat. Daarom, met die funksie in ag genome, gaan kyk Hester altyd eers na die lokaal en voel dan aan haar vingerpunte watter blomme swier aan die geleentheid sal verleen.

Blomme is van oudsher af ingespan om boodskappe aan mense te stuur.

Vanjaar het Hester se keuse op wit lelies geval. Hierdie lelies, is in die wandel bekend as die Madonna-lelies. Hulle is gelaai met simboliek en o.a. dra hulle ook die boodskap van geluk en blydskap uit. Menigeen se beker het op 2019 se prysuitdeling oorgeloop van geluk.

En volgens mnr. Erick Litjamela (wat ook 'n oudleerder van die skool is) was dit die prysuitdeling met die meeste nat oë, op en van die verhoog af, wat hy nog bygewoon het.

Dankie, Hester, vir die ongeskrewe boodskap wat jou rangskikkings uitdra. Jy is 'n fynbesnaarde mens ...