Friday, 11 April 2025

Flashback Friday: Pule Mmula se betrokkenheid


Pule, hoofseun van 2017, is nie 'n man wat stilgesit het nie. Hier volg 'n opsomming van 'n paar van die ysters wat hy in die vuur gehad tot en met September 2017, sonder sy akademiese prestasies en die res van die jaar se prestasies. 

* Boekstoorprefek
* Biblioteekprefek
* SANBS-verteenwoordiger
* Kaptein van die debatspan
* RCL-voorsitter
* Leierskapraad
* Hy word gekies om mondeling te doen tydens 'n werkswinkel vir graad 12-onderwysers (Engels)
* Lid van die MJC/JCC se uitvoerende raad
* Lid van die SAGE VS-wenspan
* Lid van die SAGE-span wat 'n 2de plek tydens die SA-kampioenskap gekry het
* Deel van die span wat 'n eerste plek by die Lejweleputswa-distrikstoernooi kry. Aangewys as beste spreker. Kry goue medalje.
* Kry 'n eerste plek by die Elite-debatliga
* Eerste plek in die Lejweleputswa-distriktoernooi
* Tydens die Universiteit van Wits se interprovinsiale kompetisie praat hy 'n sewende plek los
* Tydens CUT Bloemfontein se kompetisie eindig Pule onder die top 2 in die VS
* Verteenwoordig die VS in die Oos-Kaap tydens die Prestige Debatkompetisie  
* Neem aan die PAN AFRICAN-kompetisie deel

Foto's is HIER as bewys van Pule se bedrywige en besige jaar!