Monday 24 October 2022

Die TAG-groep

Hierdie entoesiastiese groep het in die derde kwartaal van 2021 sy ontstaan gehad. Die Hamburger-skryfwerkswinkel was hulle eerste groot aktiwiteit op vanjaar se kalender. Slegs 10 "gemaskerde" leerders is toegelaat om hierdie aktiwiteit by te woon. Die 10 leerders was Morena Mokoteli, Kevin Mokone, Obakeng Maruma, Hendrew Rantsie, Pule Mholo, Sebabatso Hangane, Siphesihle Mngomezulu, Thamsanqa Mmutlanyana, Musa Memela en Simbongile Bani. Dit is later opgevolg deur verskeie mini-skryfwerkswinkels.

Hierdie groep het 'n groot taak aan die einde van verlede jaar begin en met die min tyd op hande, gaan hulle poog om dit deurgevoer te kry. Dit sal bepaald 'n eerste vir HTS wees. Hou maar gerus die e-koerant dop vir verdere inligting.

Lees ook HIER.