Sunday 1 May 2022

Matrieks, dis nooit te laat nie!

Andile Tshibiyane besoek HTS op 'n gereelde basis om die matrieks te motiveer en vir hulle moed in te praat. Hy was in 2018 die gasspreker by die matrieks se ontbytsessie. Hy was al die wêreld oor en hy het sy elektroniese ingenieurs-, sowel as 'n honneursgraad suksesvol aan die Nanchang Universiteit voltooi. In sy eerste jaar was hy die topstudent van die buitelandse studente en hy het deurgaans die hoë profiel gehandhaaf. 

Hy het Vrydag vir graad 12B kom vertel hoekom dit so belangrik is dat jy jou houding teenoor jou toekoms en teenoor jou studies en punte moet verander. Jy moet ook baie mooi dink oor jou vriende en die rol wat jou vriende in jou lewe speel. As julle mekaar nie inspireer en motiveer nie, is julle nie ware vriende nie. Matrieks, maak JOU vanjaar die prioriteit in jou lewe - en werk omdat jy belangrik is.

'n Uiters belangrike wenk vir die 12B's: Werk as 'n groep saam, ondersteun mekaar, verduidelik die werk vir mekaar en wees mekaar se mentor. (Sy klas was die eerste lede van die Tekkie-mentorklub en gaan kyk vandag waar staan die mentorlede in die samelewing,)

Raak betrokke, reik uit en doen baie meer as jou beste.

Klik HIER en HIER (hy vertel van sy eerstejaar, asook hoe hy die Mandarynse klasse ervaar), ook HIER en HIER vir nog foto's van dié suksesvolle oudleerder. 

Makhetha,Siphesihle Mngomezulu, Musa Memela, 
Andile Tshibiyane en Hendrew Rantsie.

Kabelo Makhetha,Siphesihle Mngomezulu, Musa Memela,
Andile Tshibiyane, Mawande Ntlontlo, en Hendrew Rantsie