Wednesday 11 April 2018

Studiehulpklasse

Omdat HTS verbind is tot akademiese uitnemendheid so ver as moontlik, bied onderwysers studiehulpklasse aan leerders. Tydens studiehulpklasse bied die onderwyser hulp aan die leerder wat met 'n spesifieke area van die werk probleme ondervind.
Hulpklasse word gewoonlik op 'n Dinsdag-, Woensdag- en Donderdagmiddag na skool aangebied met inagneming van die vakonderwyser se buitemuurse program. Geen kostes is verbonde aan studiehulpklasse nie.