Monday 13 August 2018

Tekkie-trots: Tekkie van die maand

Twee hardwerkende Tekkies het sowaar die middag voor Vrouedag, administratiewe take help voltooi, asook C11 skoongemaak.

'n Wonderlike gesindheid as 'n mens dink dat die skool dié betrokke dag ook nog vroeër as gewoonlik uitgekom het.

SAGE-manne, debatteerders en manne van karakter - Kamohelo Majara en Shaun Mmutsi!