Friday 7 September 2018

Tekkie-trots: Tekkie van die maand - die graad 9B's

Mev. Melissa Broodryk voel dat die graad 9B's die benoeming "Tekkie van die maand" uit en uit verdien. Hulle het haar Blou Vrydag van kleur laat verander toe hulle haar klas skoongemaak het en die stukkende deurslot reggemaak het, nadat die graad 9D's haar klas gevandaliseer het. Hulle het dit ongevraagd en met entoesiasme gedoen.

Dankie 9B's - die leiers van môre!