Saturday 18 December 2021

Kerstyd is 'n tyd van welwillendheid

Kerstyd is 'n tyd van omgee vir mekaar. Die tyd van die jaar wanneer mense na mekaar uitreik, hande vat en mekaar ondersteun. Hier by HTS Welkom reik ons die hele jaar na mense, instansies en plekke uit - uit dankbaarheid dat ons soveel het om met ander te deel. Sekere tye, soos Kersfees, vra egter dat 'n mens die goeie boodskap met ander moet deel.

Net so voor die skool gesluit het, het mev. Karin Herbst met die spoed van liefde, skenkings gekry en dit verpak in kersfeesgeskenke vir hulle wat dit die nodigste het.  

House of Grace en 'n buurkinderhuis se Kersfees 2021 gaan nie net tot een dag beperk wees nie. Ons Tekkie-wense is dat die inwoners daar ook daagliks die liefde van 'n Hemelse Vader sal ervaar en uitdra.

Dankie aan mev. Valerie Kilian wat die skenking namens die huise in ontvangs geneem het. Ons waardeer dit dat selfs kort kennisgewing nie 'n probleem was nie.

Seën vir 'n heel-jaar-kersfeesgesindheid in elkeen se hart! 



Mevv. Valerie Kilian, Karin Herbst, mnr.
Henk van Vuuren en mev. Alda Welman