Monday 10 January 2022

Sterkte vir jou nuwe skooljaar

2022 - die jaar waarin elke Tekkie gaan probeer om waarde toe te voeg tot die skool, sowel as tot sy eie lewe. Ons begin sommer hierdie kwartaal deur om te gee vir onsself, ons klasmaats en ons onderwysers by die skool.

OMGEE kan op verskeie maniere gewys word, maar ons begin met ses maklik haalbare aksies:
* Groet jou mede-Tekkies en glimlag vir hulle wat jy teëkom om te wys dat jy OMGEE!
* Help 'n onderwyser wat swaar dra aan boeke, bokse en lêers.
* Help die terreinwerkers deur jou papiere in die asdrom te gooi.
* Gesels met 'n nuweling of gaan sit by iemand wat eenkant staan.
* Deel jou broodjie of ander kos,
* Leen vir 'n klasmaat 'n pen, potlood of selfs van jou Pritt!

2022 se nuwejaarsvoorneme: Wees 'n waardevolle Tekkie